One of Sonop's mascots is Oom Gert which was stolen from the University by Sonop and Kollege. The whereabouts of Oom Gert is unknown to the whole house, except the members of the HK. Oom Gert is present at important events, where afterwards he returns to his secret hide away.
Meer oor ons
Hoe lyk Sonop
Sonop beslaan ses ou burgererwe in die boomryke Brooklynomgewing - skaars een kilometer vanaf die UP hoofkampus. Anders as die ander manskoshuise op die kampus, bestaan Sonop nie uit 'n groot gebou met gange en kamers nie, maar uit mansjoene (klein huisies) met vier kamers elk waar inwoners vanaf hulle tweede studiejaar woon. Tussen die mansjoene is groen grasperke en mooi tuine wat 'n regte huislike atmosfeer skep.
Die eerstejaars woon in die Stalle, die pastorie of die Bloutrein - elkeen met sy eie unieke karakter en atmosfeer.
Sonop is in streke verdeel. Die Weste, Ooste, Noorde en Sentraal het net soos die eerstejaars se woonplekke elkeen hulle eie styl en manier van dinge doen....
