"Wat is erger as 'n huis sonder 'n moeder...?
Beslis "Sonop sonder 'n Nonnie" As Sonop Nonnie is dit nie net my plig om elke jongman se maag vol te hou nie, maar uit liefde dra ek elke Sonopper se belange op die hart. Nonnie is jou ma weg van die huis..."
Vraelys vir Voorlopige Toegang
Dankie vir jou belangstelling in Sonoptehuis. Ons ontvang jaarliks heelwat meer aansoeke as waaraan daar voldoen kan word, en daarom word daar gevra dat jy hierdie vraelys invul om die taak van keuring te vergemaklik. Vul asseblief die vraelys volledig in sodat ons 'n getroue beeld van jou belangstellings en prestasies kan kry. Vir enige ander navrae skakel die koshuishoof, Tonie Viljoen, by (012) 460 7830 / 084 450 1473 of per e-pos by toniev@sonop.org.za.